Hoe Lyk Hulle

VERS 1

Nou begin die excitement

Ek skud die mic soes ‘n blinkplaat en maak moves,

Staan soe, flight-case innie bagasie rak

Is daai tyd, nou rukkie ding tot laat toe

My taktieke huisves soes ‘n baksteen hou

Klassieke rymklets sonder tuxedo’s en cufflinks

Flow is fantasties soes ‘n paar Grassies suedes

Cousin, getuig wies ons

Op elke blok en al wat geluister word

Kom yt met ‘n force

Ek sorg vi kwaliteit

Van Kuila tot innie Clark Estate

Ek hou die fort

Niks lekker nie, hoor die man?

So lig die energy, is annie brand

Jou drie blikkies, kennetjie en aan-ann

Wenners yt ‘n tragedy struggle continue

Saamstaan issie movement soldaat

Ek unite hulle, plaaslik of oor CD

Kasset of ‘n LP

Perform ‘n revolution lankal overdue

Ennie salute sittie Vlak juis innie kol

Soe rukkie jol ennie yard, tjekkie vocal

‘n Globetrotter, soe vat dies en hou dop, 

Die host vanaand: Jitsvinger

Ennie style: Original for Life

CHORUS

Change die kanale

Skyf ‘n bietjie nader

Hoe lyk hulle?

Vir ‘n uiternasionale flavour

Die is dan gevaarlik

Hoe lyk hulle?

VERS 2

Dies daai bobbin karakter sonder flop

Tjaks in jou lokasie oppie job

Operate die vloer tot daar by die pool borde

Koppel oppie route, smokkel yt die boot

Officer, die is bokant die law soes geheime dienste

Hiers daai medisyne vir pyn verlies

Die aim is innie bewysstuk

Edutainment nettie einste kopstof byrie dosyne!

Flows yt die Argitekbek hou die Kaap vernac perfek

Nogge dose lattie can’t-gets connect!

En mettie mic dek ekkie tafel

Klem innie kaak-so lyk die saak?

Behep is hulle!

Druk op my nommer, nou spark’it elke soldier

Slaties saam mettie brasse, daars’ie foutie

Wat?

Jits blaas die article

Tot laat toe

Ennie style: ORIGINAL FOR LIFE!

CHORUS

Change die kanale

Skyf ‘n bietjie nader

Hoe lyk hulle?

Vir ‘n uiternasionale flavour

Die is dan gevaarlik

Hoe lyk hulle?